Vinger-lip-lekker Lamtjops –Die Beste BraaimetodeBestandele- Enige tipe lamtjoppies – jou keuse
- Meat Tenderiser-speserye
- Worcestersous (verkieslik die donker tipe)
- Braaibestanddele van jou keuse (bv. Braaivleis-spesery, sout en peper)
- Vars suurlemoene
- Bruinsuiker
MetodeVoorbereiding van die tjoppies - Pak die tjoppies plat in ʼn vlak bak.
- Strooi eers Meat Tenderiser oor en laat dit vir ongeveer 5 minute staan.
- Herhaal die proses met die braaispeserye van jou keuse. Sout en peper werk ook goed.
- Druppel ʼn bietjie Worcestersous op elke tjoppie en vryf dit liggies met jou vingers oor die vleis. Dit help om die speserye egalig te versprei.
- Draai die tjoppies om en volg dieselfde prosedure aan die ander kant.
- Indien jy ʼn groot hoeveelheid tjoppies het, pak ʼn tweede laag bo-op en herhaal die proses.
Laat intrek - Dit is altyd beter om die tjoppies minstens 1–2 uur voor die braai so voor te berei, sodat die geure lekker kan intrek.
- As tyd beperk is, kan jy dit net voor die braai ook doen.
- Soet-suur marinade
- Meng ʼn halwe koppie Worcestersous met 4 teelepels bruinsuiker en roer tot dit oplos.
- Hierdie mengsel is genoeg vir sowat 4 tjoppies.
- Gooi dit oor die tjoppies en laat dit rus voor jy begin braai.
- Pas die hoeveelhede aan afhangende van hoeveel tjoppies jy gaan braai.
Braai - Wanneer dit by die braai kom, vra ek gewoonlik my gaste hoe hulle hul vleis verkies. Party hou daarvan dat dit vroeër van die kole af gehaal word, ander weer meer deurgaans gebraai.
- Persoonlik glo ek lamtjops moet goed gaar wees, veral vir die vetstukkies – dit gee die lekkerste geur.
- Ek verkies om my tjoppies vinnig oor warm kole te braai vir ʼn mooi bruin kors. Ander verkies om die kole eers te laat afkoel en die rooster hoër te plaas vir ʼn stadiger braai. Toets self watter metode vir jou die beste werk.
Suurlemoen-afwerking - Plaas skywe vars suurlemoen bo-op die tjoppies terwyl dit op die kole lê.
- Wanneer jy die tjop draai, sit jy weer ʼn suurlemoenskyf bo-op. Dit gee ʼn heerlike vars geur.
EindresultaatEn daar het jy dit – ʼn vinger-lip-lekker lamtjoppie wat beslis jou gaste se monde gaan laat water! |